Tuisversorger Mosselbaai, Eden. Ek is opsoek na n persoon wat belangstel in langtermyn tuisversorgings-werk in Mosselbaai. Ek is n man in n rolstoel en dit is vir my persoonlike versorging. Die werk is in n veilige omgewing met baie goeie werksomstandighede. Suksesvolle applikant kry ook eers die geleentheid om werksplek, myself en ander versorgers te sien. Persone met ondervinding in versorging sal voorkeur kry. Ek is opsoek na n betroubare en gemoedelike mens wat graag wil help/leer.
Jonger persone, vroulik of manlik, tussen 20-50 vind gewoonlik die werk na hul wense, aangesien ek self in my 30's is en so onafhanklik moontlik leef. Persone hoef my dus nie geselskap te hou soos by versorging van ouer persone nie, maar die klem is eerder op my fisiese versorging. Persone wat graag langtermyn-werk vir n aantal jare soek en meer wil uitvind stuur asseblief n boodskap of cv na.
An Important Announcement from (jobscoin.com) for jobs seekers and employers.
Do not pay any type of payment to get the job or hire someone. We are just sharing jobs from multiple sources and we are not responsible for any type of scam.
Enige vrae is welkom. Stuur asb n cv met verwysings en werksgeskiedenis aan. Aansoeke is oop tot einde Februarie en onderhoude sal deurlopend tot dan geskied.
NOTE: Never make payment to any employer, person, company, contractor or agency to get hired for a Job.
Epos by: cvcarer@gmail.com