Location, Kuils River, Northern Suburbs, Job Type Full-Time, Camp Cover - Debiteure Klerk, Ononderhandelbare Vereistes. Pastel gelettered - geen ander pakket sal oorweeg word nie. Ten minste 3 jaar Debiteure ervaring op Pastel in kwotasies, bestellings, fakture, deposito's, kredietnotas, maandstate en rekonsiliasies. Kennis van Excel, Word & Outlook. Moet vinnig, akkuraat en sistemies onder druk kan werk en soms veelvuldige take gelyk kan hanteer.
Goeie mense verhoudinge met kliente en kollegas. Uitstekende Onafhanklike Probleemoplossings vermoee. Afrikaans en Engels kan praat en skryf. Ononderhandelbare salaris van R10 000.00 per maand. Jaarlikse verlof is wanneer die fabriek sluit +- middel Desember tot middel Januarie.. Eie vervoer en geldige lisensie. MOET onmiddellik kan begin. MOET kontakbare verwysings van vorige werkgewers kan verskaf.
Die ideale kandidaat is iemand wat na 'n stabiele werksomgewing soek, bereid is om meer te leer en saam met die maatskappy wil groei. Hierdie is nie 'n tydelike pos nie, maar geskik vir iemand tussen 30 en 50 jaar oud wat stabiliteit soek. Met jou goeie verwysings, geskikte en toepaslike ervaring bied ons vir jou 'n aangename, maar besige werksomgewing waar jou bydrae waardeer sal word. Ons is 'n klein kantoorspan wat nou met mekaar saamwerk en baie goeie werksverhoudinge handhaaf.
NOTE: Never make payment to any employer, person, company, contractor or agency to get hired for a Job.
Stuur jou CV na: cv@campcover.co.za
Posted: 01-12-2020 Location: Cape Winelands,Western Cape,South Africa
Posted: 21-11-2020 Location: Bellville,Northern Suburbs,South Africa
Posted: 19-09-2020 Location: Bellville,Northern Suburbs,South Africa